Welkom by Koa Akademie

Welkom by Koa Akademie, die IEB aanlyn skool in Suid-Afrika met die hoogste onderwyser-tot-leerder verhouding.
Hoekom het ons Koa Akademie begin?

Twee virtuele kampusse, gewortel in dieselfde sterk beginsels.

Koa Academy is in 2020 deur Mark en Lauren Anderson gestig. Daar is tans meer as 500 leerders in Koa Academy ingeskryf en Koa Akademie sal in Januarie 2025 afskop om Afrikaans Huistaal onderrig aanlyn aan te bied. As ‘n sytak van die stewige stam van Koa Academy, bied Koa Akademie nou ‘n Afrikaanse virtuele kampus wat met grade 5-8 begin en in die toekoms na hoër grade sal uitbrei.

Koa Akademie poog om gehalte aanlyn onderrig aan Afrikaanse huistaalsprekers te bied. Om kwaliteit onderrig in jou moedertaal te ontvang, glo ons is die beste manier om akademiese sukses te behaal.

Die hout van ‘n Koa-boom is buigsaam en sterk. Dit is die waardes waarop ons aanlyn skool gebaseer is. Ons bied gesinne ware buigsaamheid en leer is geïndividualiseerd. Die Koa-sisteem is terselfdertyd betroubaar, sterk en gestruktureerd.

Met ons Pods van 8 leerders, geniet elke leerder ‘n persoonlike leerervaring in ‘n klein groepie, met boeiende aanlyn klasse en ‘n toegewyde onderwyser vir maksimum ondersteuning.

Mark and Lauren Anderson

Ons Akkreditasie by die IEB

Koa Akademie is geregistreer by die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) om die Suid-Afrikaanse Graad 12 matrieksertifikaat aan te bied.

Die IEB word geakkrediteer deur Umalusi, wat aan die Departement van Basiese Onderwys (DBO) rapporteer. In Grade 4 – 9 word ‘n eenmalige aansoek per epos aan die DBO gestuur om tuisonderrig te begin. Koa sal ouers tydens die aansoekproses van alle relevante inligting voorsien.

Ons Hoekstene

Koa is spesiaal ontwerp met die beste onderwyspraktyke in gedagte om die voordele van aanlyn leer vir elke individu te verseker. Hierdie unieke benadering is spesifiek geskep om die volgende te wees:

boeiend icon

Boeiend

Ons glo dat leer die beste gebeur in ‘n gemeenskap waar mense op ‘n betekenisvolle manier met ander mense en hulle werk verbind is. By Koa is niemand net ‘n nommer nie.
verantwoordbaar icon

Verantwoordbaar

Met groot krag kom groot verantwoordelikheid. Ons weet dat aanspreeklikheid die sleutel is. Ons het strategieë en sisteme in plek wat almal betrokke in die proses aanspreeklik hou – geen gewonder meer nie!
prakties toepasbaar icon

Prakties Toepasbaar

Die wêreld verander vinniger as ooit tevore. In plaas daarvan om ‘n tradisionele skool op ‘n skerm voor te stel, het ons die aanlyn leerervaring herontwerp om realiteit te weerspieël. Hierdeur ontwikkel individue wat sterk en aanpasbaar is en gereed is vir die toekomstige wêreld van werk.

Ons Waardes

Wat verg dit om sukses by Koa te behaal? Die volgende drie waardes lei ons optrede as skool en is waar vir al ons leerders en onderwysers:
Ons is betyds, voorbereid, met ons kameras aan.

Ons Daag Op

Ons is betyds, voorbereid, met ons kameras aan.
Ons kommunikeer gereeld en vroegtydig met vriendelikheid en respek.

Ons Kommunikeer

Ons kommunikeer gereeld en vroegtydig met vriendelikheid en respek.
Ons neem verantwoordelikheid vir ons eie leer en kontroleer ons dashborde daagliks.

Ons Hou Rekord

Ons neem verantwoordelikheid vir ons eie leer en kontroleer ons dashborde daagliks.

Gereed? Jou Koa-avontuur begin hier!

About René

René is ’n passievolle opvoeder en entrepreneur met ’n hart vir bemagtiging en kreatiewe ontwikkeling. Haar reis het in Distrik Ses begin, en vandag lei sy projekte wat die onderwys, kunste en entrepreneurskap verenig. Sedert 2005 dryf sy haar eie besigheid, waar sy meer as 160 vroue bemagtig het en opleiding vir nuwe entrepreneurs aangebied het.

Sy is ook die stigter van ’n musiekakademie wat klassieke musiek toeganklik maak vir alle kinders. Haar werk as vryskutkonsultant en haar rol as Ambassadeur vir Afrikaans spreek van haar visie om ’n blywende impak te maak.

About Michelle

Michelle is die medestigter en HUB van Adbot – ’n vooruitstrewende tegnologiemaatskappy wat KI gebruik om aanlyn advertensies vir klein besighede in Suid-Afrika maklik en effektief te maak. Met haar agtergrond in digitale advertensies en haar begrip van die struikelblokke wat entrepreneurs ervaar, bring sy unieke insig en leierskap na die sektor.

About Dawie

Dawie Roodt ‘n stigterslid, Direkteur en die Hoofekonoom van die Efficient Groep. Dawie se nuutste rol is voorsitter van Efficient Private Clients, ʼn filiaal van die Efficient Group.

Dawie is ʼn bekende Suid-Afrikaanse ekonoom met sowat 30 jaar ervaring. Dawie volg internasionale en plaaslike politieke ontwikkelings en ontleed die ekonomiese gevolge daarvan. Hy is ook aktief betrokke by die bestuur van kliënte bateportefeuljes en is die mees aangehaalde Suid-Afrikaanse ekonoom. Wen ook Sake24 se gesogte ekonoom van die jaar prys. Hy is al vir 20 jaar die ankeraanbieder van die televisie-program Ontbytsake.