Welkom by Koa Akademie
Welkom by Koa Akademie, die IEB aanlyn skool in Suid-Afrika met die hoogste onderwyser-tot-leerder verhouding.
Hoekom het ons Koa Akademie begin?
Twee virtuele kampusse, gewortel in dieselfde sterk beginsels.
Koa Academy is in 2020 deur Mark en Lauren Anderson gestig. Daar is tans meer as 500 leerders in Koa Academy ingeskryf en Koa Akademie sal in Januarie 2025 afskop om Afrikaans Huistaal onderrig aanlyn aan te bied. As ‘n sytak van die stewige stam van Koa Academy, bied Koa Akademie nou ‘n Afrikaanse virtuele kampus wat met grade 6-8 begin en in die toekoms na hoër grade sal uitbrei.
Waarom moet jy Koa Akademie kies?
Koa Akademie poog om gehalte aanlyn onderrig aan Afrikaanse huistaalsprekers te bied. Om kwaliteit onderrig in jou moedertaal te ontvang, glo ons is die beste manier om akademiese sukses te behaal.
Die hout van ‘n Koa-boom is buigsaam en sterk. Dit is die waardes waarop ons aanlyn skool gebaseer is. Ons bied gesinne ware buigsaamheid en leer is geïndividualiseerd. Die Koa-sisteem is terselfdertyd betroubaar, sterk en gestruktureerd.
Wat maak Koa Akademie anders?
Met ons Pods van 8 leerders, geniet elke leerder ‘n persoonlike leerervaring in ‘n klein groepie, met boeiende aanlyn klasse en ‘n toegewyde onderwyser vir maksimum ondersteuning.
Ons Akkreditasie by die IEB
Koa Akademie is geregistreer by die Onafhanklike Eksamenraad (IEB) om die Suid-Afrikaanse Graad 12 matrieksertifikaat aan te bied.
Die IEB word geakkrediteer deur Umalusi, wat aan die Departement van Basiese Onderwys (DBO) rapporteer. In Grade 6 – 8 word ‘n eenmalige aansoek per epos aan die DBO gestuur om tuisonderrig te begin. Koa sal ouers tydens die aansoekproses van alle relevante inligting voorsien.
Ons Hoekstene
Koa is spesiaal ontwerp met die beste onderwyspraktyke in gedagte om die voordele van aanlyn leer vir elke individu te verseker. Hierdie unieke benadering is spesifiek geskep om die volgende te wees:
Boeiend
Verantwoordbaar
Prakties Toepasbaar
Die wêreld verander vinniger as ooit tevore. In plaas daarvan om ‘n tradisionele skool op ‘n skerm voor te stel, het ons die aanlyn leerervaring herontwerp om realiteit te weerspieël. Hierdeur ontwikkel individue wat sterk en aanpasbaar is en gereed is vir die toekomstige wêreld van werk.
Ons Waardes
Ons Daag Op
Ons Kommunikeer
Ons Hou Rekord
Ons neem verantwoordelikheid vir ons eie leer en kontroleer ons dashborde daagliks.