Sluit aan by Koa se gratis Bou ‘n Besigheid Aanlyn Kompetisie
Geakkrediteerde kursus vir enige iemand tussen 9-16 jaar oud


By Koa Akademie is ons passievol daaroor om idees in aksie om te sit! Ons Bou ‘n Besigheid Aanlyn Kompetisie is ‘n stimulerende, lewensgetroue projek vir enige iemand tussen die ouderdom van 9-16, geakkrediteer deur Pranary-besigheidskool!
Sluit by ons aan en word stap vir stap gelei deur die ontwikkeling, verfyning en bekendstelling van ‘n regte besigheid – sleutelvaardighede wat enige jongmens moet aanleer. Koa-leerders pak elke jaar hierdie uitdaging aan, en nou kan jy ook – insluitend die kans om ‘n voorlegging te doen!
Hoe werk dit?

100% aanlyn met ervare mentorskap

Geakkrediteerde entrepreneurskapskursus
Na die suksesvolle voltooiing van die kursus, sal jy ‘n Vlak 1-entrepreneurskapsertifikaat ontvang, geakkrediteer deur Pranary-besigheidskool.


Buigsame leer
Sit slegs een uur per week uit om aan jou projek te werk en die lesse te voltooi – dit kan gedoen word teen jou eie tempo en in jou eie tyd!

Weeklikse sessies

Van idee tot impak

Voorlegging aan beleggers
Op 4 Junie om 3nm, lê jy jou besigheidsidee voor aan ‘n paneel bestaande uit werklike engelbeleggers en bedryfsdeskundiges. Kry professionele terugvoer en advies, en staan ‘n kans om ‘n R3 500-kontantbelegging te wen om jou onderneming ‘n hupstoot te gee.
Reg om te leer hoe om 'n besigheid te bou?
Waarom moet jy deelneem?

Behaal 'n geakkrediteerde sertifikaat
Elke deelnemer wat die kursus suksesvol voltooi, behaal ‘n Vlak 1 Entrepreneurskapsertifikaat, geakkrediteer deur Pranary-besigheidskool – ‘n waardevolle bate vir enige jong entrepreneur se CV.

Neem GRATIS deel aan die uitdaging

Jy kan GROOT pryse wen
Deelnemers wat hulle besigheid voorlê op voorleggingsdag staan ook die kans om GROOT pryse te wen:

R3 500-kontantbelegging om jou besigheid te groei.

Persoonlike konsultasie met ‘n ervare besigheidsafrigter.

Gratis professionele handelsmerkidentiteitsontwerp.
Beoordelaars
Belangrike datums
Registrasie open
5 April 2025

Registrasie sluit

Aanlyn bekendstellingseremonie
15h00 – 16h00

Kursus begin

Aanlyn ondersteuning & afrigting #1
15h00 – 16h00

Aanlyn ondersteuning & afrigting #2
15h00 – 16h00

Aanlyn ondersteuning & afrigting #3
15h00 – 16h00

Aanlyn ondersteuning & afrigting #4
15h00 – 16h00

Voorleggingsdag
15h00 – 17h00
In vennootskap met








Kry inspirasie!
Sien wat leerders in die verlede opgetower het deur die Bou ‘n Besigheid Aanlyn Kompetisie!

Christine & Jasmine Tamkei

Sinakkho
Dlamini
