
Koa Verwelkom:
Leandie du Randt kom kuier!
Ons rol die virtuele rooitapyt uit vir ’n inspirerende sessie met Leandie du Randt – bekroonde aktrise, gesertifiseerde psigometris, motiveringspreker en skrywer van “My Hacks vir die Lewe.”
Jy mag haar dalk onthou uit “Getroud met Rugby” of haar Silwerskermfees-nominasie as Beste Aktrise in “Die Windpomp,” maar daar’s soveel meer aan haar storie.
Kom luister en word geïnspireer deur Leandie se verhaal – die geleentheid is gratis en almal is welkom!
- Datum: 22 April 2025
- Tyd: 08:15–09:00
- Aanlyn