Aansoek: Alles Koa

Ons is opgewonde dat jy by Koa Akademie aanlynskool wil aansluit! Die aansoekproses volg vyf eenvoudige stappe, wat hieronder uiteengesit word. Indien jy enige vrae het, kan jy die WhatsApp-knoppie onderaan ons webblad gebruik om met ons te kommunikeer.
Geskiktheidsvraelys
Bepaal of Koa ‘n goeie keuse vir jou is.
Skooltoelatingskontrak
Lees ons B&V.
Aansoekvorm
Vul jou kind se besonderhede in.
Aansoekfooi
Ons sal ‘n faktuur vir jou eerste fooie stuur.
Oriëntering
Ons gaan jou gereed maak vir jou eerste dag by Koa.

About René

René is ’n passievolle opvoeder en entrepreneur met ’n hart vir bemagtiging en kreatiewe ontwikkeling. Haar reis het in Distrik Ses begin, en vandag lei sy projekte wat die onderwys, kunste en entrepreneurskap verenig. Sedert 2005 dryf sy haar eie besigheid, waar sy meer as 160 vroue bemagtig het en opleiding vir nuwe entrepreneurs aangebied het.

Sy is ook die stigter van ’n musiekakademie wat klassieke musiek toeganklik maak vir alle kinders. Haar werk as vryskutkonsultant en haar rol as Ambassadeur vir Afrikaans spreek van haar visie om ’n blywende impak te maak.

About Michelle

Michelle is die medestigter en HUB van Adbot – ’n vooruitstrewende tegnologiemaatskappy wat KI gebruik om aanlyn advertensies vir klein besighede in Suid-Afrika maklik en effektief te maak. Met haar agtergrond in digitale advertensies en haar begrip van die struikelblokke wat entrepreneurs ervaar, bring sy unieke insig en leierskap na die sektor.

About Dawie

Dawie Roodt ‘n stigterslid, Direkteur en die Hoofekonoom van die Efficient Groep. Dawie se nuutste rol is voorsitter van Efficient Private Clients, ʼn filiaal van die Efficient Group.

Dawie is ʼn bekende Suid-Afrikaanse ekonoom met sowat 30 jaar ervaring. Dawie volg internasionale en plaaslike politieke ontwikkelings en ontleed die ekonomiese gevolge daarvan. Hy is ook aktief betrokke by die bestuur van kliënte bateportefeuljes en is die mees aangehaalde Suid-Afrikaanse ekonoom. Wen ook Sake24 se gesogte ekonoom van die jaar prys. Hy is al vir 20 jaar die ankeraanbieder van die televisie-program Ontbytsake.