Akademie

Kan jy jou indink dat jou kind se skool ‘n leerpad ontwerp het met hulle in gedagte? Ons kan, en ons het dit gedoen! Die dae waar die onderwyser die middelpunt was en inhoud aan groot groepe leerders gelyktydig aangebied het, is verby.

Ons leerders voltooi hul werk onafhanklik deur aanlyn kursusse en platforms wat spesifiek vir die aanlyn ruimte ontwerp is. Dit laat hulle toe om teen hulle eie tempo te vorder, terwyl ons onderwysers elke leerder ondersteun waar dit nodig is.

Met die beste aanlyn inhoud en platforms regoor die wêreld, gekombineer met die IEB-kurrikulum, bied ons `n opvoedkundige ervaring wat jou kind voorberei vir hoër onderrig, beide plaaslik en internasionaal.

Ons Pods

Elke leerder word in ‘n groep van 8 leerders ingedeel. Dis reg –net 8. Ons noem dit ‘n Pod. Ons wou altyd kleiner klasse hê, en nou het ons dit! Leerders word die geleentheid gegee en gelei om verantwoordelikheid vir hul eie leer te aanvaar. Die aanlyn klasse is boeiend en skep ‘n omgewing waar elke leerder voel dat hy/sy gehoor en raakgesien word. Elke Pod het ‘n toegewyde Pod-onderwyser wat gereeld gedurende die week met leerders ontmoet en fokusondersteuning bied. 

Kontaktyd

‘n Ruim hoeveelheid kontaktyd met ons onderwysers is ingebou. Dit gebeur daagliks en in klein groepe vir maksimum fokus op elke leerder. Ons glo dat volgehoue akademiese ondersteuning vir almal is en nie net vir ‘n handjievol leerders vir wanneer hulle sukkel nie.

Pod-Konnek

Pod van 8, sagte vaardighede en verhoudingsbou. Vroeër in die oggend, verskeie kere per week.

Opvolgsessie

Groepe van 4-8, fokus op akademiese vordering. Later in die oggend, verskeie kere per week.

Werkswinkels

Groepe van 4-8 met ‘n vakonderwyser. Vir leerders wat spesifieke ondersteuning in ‘n vak benodig.

Ondersteuningstyd

Een-tot-een hulp met ‘n spesifieke probleem. Afspraak deur óf onderwyser óf leerder wat vooraf gemaak moet word.

Meesterklasse

Hele Graad, ‘n meer tradisionele lesstyl deur ‘n onderwyser, 1-3 keer per week.

Kurrikulum

Kan jy jou indink dat jou kind se skool ‘n leerpad ontwerp het met hulle in gedagte? Ons kan, en ons het dit gedoen! Die dae waar die onderwyser die middelpunt was en inhoud aan groot groepe leerders gelyktydig aangebied het, is verby. Ons leerders voltooi hul werk onafhanklik deur aanlyn kursusse en platforms wat spesifiek vir die aanlyn ruimte ontwerp is. Dit laat hulle toe om teen hulle eie tempo te vorder, terwyl ons onderwysers elke leerder ondersteun waar dit nodig is. Elke kursus of platform wat ons by Koa gebruik, sluit die volgende elemente in:

Onderwerpe word in kleiner dele behandel, wat baie meer effektief is as om, soos in ‘n handboek, groot hoeveelhede inligting op een slag oor te dra.
Onderwysers, leerders en selfs ouers kan deurlopend vooruitgang sien, danksy slim data wat voordurende terugvoer moontlik maak.
Kontrolepunte verseker dat ‘n leerder sal vorder na bemeestering van elke konsep.
Die meeste assesserings is direk in die kursusse ingebou, terwyl ander in groepe voltooi word. Dit bou selfvertroue en moedig leer aan.

Teiken Siklus

Aangesien elke leerder teen sy eie tempo werk, is ‘n belangrike vraag: hoe weet ons dat hulle teen die vereiste tempo werk? Dit is waar ons Teikens inkom.

Elke twee weke ontmoet leerders met hul Pod-onderwyser om teikens in sleutelvakgebiede vir die volgende 2-weke te stel. Hul vordering word daagliks op hul dashbord gerapporteer.

Ons Teikens is ‘n uitstekende manier om leerders te bemagtig. Leerders ervaar ‘n dieper gevoel van eienaarskap oor hul werk, terwyl verseker word dat hulle teen ‘n gesonde tempo vorder.

Ekspo’s

Elke kwartaal is daar een groot taak wat ‘n Ekspo genoem word. Dit eindig met ‘n aanbieding aan eksterne gasbeoordelaars op Demo-dag. Ons Expo’s dek die werk van verskeie inhoudsvakke wat geïntegreer word om te lyk soos ‘n werkprojek in die werklike lewe, byvoorbeeld:

Sake-Ekspo

Stel jou eie besigheidsidee bekend en bied dit aan aan ‘n werklike belegger.

Kuns-Ekspo

Ontwerp ‘n bordspeletjie wat gebaseer is op ‘n denkbeeldige wêreld. Dit moet ‘n agtergrondverhaal, karakters en kostuums insluit.

Wetenskap-Ekspo

Gebruik die Ontwerpproses om ‘n oplossing te skep en te toets vir een van die Verenigde Nasies se Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte.

Gereed? Jou Koa-avontuur begin hier!

× Gesels met ons!