Ons het u aansoek ontvang en sal in kontak wees met die volgende stappe om u kind in te skryf. Neem asseblief kennis dat daar ‘n eenmalige administrasiefooi van R750 sal wees om die aansoek te verwerk. Betaling van hierdie fooi sal u kind se plek in ‘n Pod verseker.

Volg ons op sosiale media om meer oor Koa te leer en te sien watter geleenthede plaasvind waaraan u kan deelneem:

Instagram

In ons Pods van 8 geniet elke leerder `n persoonlike leerervaring in `n boeiende aanlynruimte

About René

René is ’n passievolle opvoeder en entrepreneur met ’n hart vir bemagtiging en kreatiewe ontwikkeling. Haar reis het in Distrik Ses begin, en vandag lei sy projekte wat die onderwys, kunste en entrepreneurskap verenig. Sedert 2005 dryf sy haar eie besigheid, waar sy meer as 160 vroue bemagtig het en opleiding vir nuwe entrepreneurs aangebied het.

Sy is ook die stigter van ’n musiekakademie wat klassieke musiek toeganklik maak vir alle kinders. Haar werk as vryskutkonsultant en haar rol as Ambassadeur vir Afrikaans spreek van haar visie om ’n blywende impak te maak.

About Michelle

Michelle is die medestigter en HUB van Adbot – ’n vooruitstrewende tegnologiemaatskappy wat KI gebruik om aanlyn advertensies vir klein besighede in Suid-Afrika maklik en effektief te maak. Met haar agtergrond in digitale advertensies en haar begrip van die struikelblokke wat entrepreneurs ervaar, bring sy unieke insig en leierskap na die sektor.

About Dawie

Dawie Roodt ‘n stigterslid, Direkteur en die Hoofekonoom van die Efficient Groep. Dawie se nuutste rol is voorsitter van Efficient Private Clients, ʼn filiaal van die Efficient Group.

Dawie is ʼn bekende Suid-Afrikaanse ekonoom met sowat 30 jaar ervaring. Dawie volg internasionale en plaaslike politieke ontwikkelings en ontleed die ekonomiese gevolge daarvan. Hy is ook aktief betrokke by die bestuur van kliënte bateportefeuljes en is die mees aangehaalde Suid-Afrikaanse ekonoom. Wen ook Sake24 se gesogte ekonoom van die jaar prys. Hy is al vir 20 jaar die ankeraanbieder van die televisie-program Ontbytsake.