Koa Akademie poog om gehalte aanlyn onderrig aan Afrikaanse huistaalsprekers te bied.
Om kwaliteit onderrig in jou moedertaal te ontvang, glo ons is die beste manier om akademiese sukses te behaal.
Kan jy jou indink dat jou kind se skool ‘n leerpad ontwerp het met hulle in gedagte? Ons kan, en ons het dit gedoen!
Die dae waar die onderwyser die middelpunt was en inhoud aan groot groepe leerders gelyktydig aangebied het, is verby. Ons leerders voltooi hul werk onafhanklik deur aanlyn kursusse en platforms wat spesifiek vir die aanlyn ruimte ontwerp is. Dit laat hulle toe om teen hulle eie tempo te vorder, terwyl ons onderwysers elke leerder ondersteun waar dit nodig is.
Koa Akademie is deur die IEB geakkrediteer. Lees meer oor ons akkreditasie hier.
By Koa is ons passievol oor leerderbetrokkenheid. In ons Pods van 8 geniet elke leerder `n persoonlike leerervaring in `n boeiende aanlynruimte, met `n toegewyde onderwyser vir maksimum ondersteuning.
Deur “Stuur” te klik, stem jy in dat Koa Akademie jou besonderhede by ons nuusbrieflys kan insluit. Jy kan op enige tydstip onttrek.
René is ’n passievolle opvoeder en entrepreneur met ’n hart vir bemagtiging en kreatiewe ontwikkeling. Haar reis het in Distrik Ses begin, en vandag lei sy projekte wat die onderwys, kunste en entrepreneurskap verenig. Sedert 2005 dryf sy haar eie besigheid, waar sy meer as 160 vroue bemagtig het en opleiding vir nuwe entrepreneurs aangebied het.
Sy is ook die stigter van ’n musiekakademie wat klassieke musiek toeganklik maak vir alle kinders. Haar werk as vryskutkonsultant en haar rol as Ambassadeur vir Afrikaans spreek van haar visie om ’n blywende impak te maak.
Michelle is die medestigter en HUB van Adbot – ’n vooruitstrewende tegnologiemaatskappy wat KI gebruik om aanlyn advertensies vir klein besighede in Suid-Afrika maklik en effektief te maak. Met haar agtergrond in digitale advertensies en haar begrip van die struikelblokke wat entrepreneurs ervaar, bring sy unieke insig en leierskap na die sektor.
Dawie Roodt ‘n stigterslid, Direkteur en die Hoofekonoom van die Efficient Groep. Dawie se nuutste rol is voorsitter van Efficient Private Clients, ʼn filiaal van die Efficient Group.
Dawie is ʼn bekende Suid-Afrikaanse ekonoom met sowat 30 jaar ervaring. Dawie volg internasionale en plaaslike politieke ontwikkelings en ontleed die ekonomiese gevolge daarvan. Hy is ook aktief betrokke by die bestuur van kliënte bateportefeuljes en is die mees aangehaalde Suid-Afrikaanse ekonoom. Wen ook Sake24 se gesogte ekonoom van die jaar prys. Hy is al vir 20 jaar die ankeraanbieder van die televisie-program Ontbytsake.